RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se o. 19-toutrekspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Junior Sportspan van die Jaar-toekenning tydens die SA Sporttoekennings ingepalm.
Die glansgeleentheid is Sondag 24 Augustus by Sun City aangebied en regstreeks op SABC 1 uitgesaai.
Die Oakdale-span het die land wéér trots gemaak nadat hulle die Toutrek-Wêreldkampioenskapstitel reeds drie jaar agtereenvolgens gewen het.
Hierdie prestasie het groot lof ontlok en die fokus laat val op toutrek as een van die vinnigste groeiende sportsoorte in Suid-Afrika.
Die span, onder leiding van afrigter Piet Lourens, is geloof vir hul volgehoue toewyding en uitmuntende prestasie op internasionale vlak.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie jong span wat wys dat dissipline, harde werk en spanwerk werklik vrugte afwerp,” het Oakdale se bestuur gesê.
Baie geluk aan al die 2024-spanlede - julle het weereens die Oakdale-naam in die internasionale kollig geplaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’