RIVERSDAL NUUS - ’n Hoër Landbouskool Oakdale-leerder het onlangs groot opslae gemaak nadat hy nie net in die Boland se rots- en strandhengelspan opgeneem is nie, maar ook ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel het.
Xandré de Beer, ’n gr. 8-leerder, is gekies vir die o. 16 Boland rots- en strandhengelspan en sal in Januarie 2027 in Jeffreysbaai aan die SA Rots- en Strand Nasionale Kampioenskappe deelneem.
Hy het boonop ’n besondere prestasie behaal deur ’n nuwe o. 16 SA rekord op te stel nadat hy ’n indrukwekkende brons-/koperhaai van 232 cm (PCL-lengte) en 179,67 kg gevang het.
Xandré se prestasie is met trots deur Hoër Landbouskool Oakdale geloof, wat hom alle sterkte toegewens het vir die komende kampioenskappe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’