RIVERSDAL NUUS - Emile van Druten ’n gr. 11-leerder van Hoër Landbouskool Oakdale is onlangs as kaptein van die 2025 Junior Protea-hengelspan aangewys.
Die span het in Augustus teen 85 internasionale hengelaars in Zambië meegeding en het met drie goue medaljes huis toe gekom.
Van Druten is as die speler met die mees verdienstelike vangs bekroon, en die span het ook die goue medalje vir die algehele junior wenspan en die beste boot verower.
Na die oorwinning het Emile in ’n onderhoud met Zambiese televisiestasie benadruk dat groot verantwoordelikheid uitgebreide voorbereiding verg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’