RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale en Hoër Landbouskool Boland het verlede Saterdag, 9 Augustus, ’n reeks opwindende interskole-rugbywedstryde op die Oakdale-velde uitgespeel.
Die dag was gevul met sterk mededinging, groot gees en passievolle steun van die toeskouers aan beide kante.
Uitslae
o. 19
In die o. 19-afdeling het Oakdale se A-span ’n noue stryd verloor met 27 - 34.
Die B-span het met 26 - 17 geseëvier.
Die C-span verloor 12 - 17.
Die D-span wen 20 - 3.
Die E-span wen 36 - 10.
Die F-span verloor 14 - 21. Die G-span het ’n indrukwekkende 66 - 12 sege aangeteken.
o. 16
In die o. 16-wedstryde het Boland die A-span 27 - 10 gewen.
Oakdale se B-span het 10 - 0 gewen.
Die C-span het 10 - 33 verloor.
Die D-span het 7 - 26 teruggestaan.
o. 15
Die o. 15-reeks het gemengde resultate opgelewer.
Die A-span verloor met 7 - 14.
Die B-span wen 24 - 7.
Die C-span wen 12 - 7.
Die D-span wen 8 - 3.
Die E-span het 7 - 10 verloor.
o. 14
By die o. 14’s het Oakdale se A-span 22 - 12 gewen.
Die B-span wen 29 - 5.
Die C-span het 12 elk gelykop gespeel.
Die D-span wen 36 - 5.
Die E-span verloor net 5 - 43.
Alhoewel daar oorwinnings en nederlae aan beide kante was, het die dag se sportgees en die geleentheid se opgewondenheid gewys dat die interskole tussen Oakdale en Boland steeds een van die hoogtepunte op die skolerugbykalender bly.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’