ALBERTINIA NUUS - Henzil Louw is 'n nuwe onderwyser by Oker Primêr in Albertinia en vanjaar is sy sesde jaar in die onderwys.
Hy is oorspronklik van Buffeljagsrivier en het skoolgegaan by St. Johns Primêr, Mullersrus Primêr en Swellendam Sekondêr waar hy in 2013 gematrikuleer het.
In 2014 het hy by die Wellington-opleidingskollege (CPUT) sy diploma in kantoorbestuur en tegnologie verwerf en daarna by Mowbray in Kaapstad 'n nagraadse onderwyssertifikaat verwerf.
In 2018 het Henzil by Swellendam Sekondêr ingeval en klas gegee tot 2020. In April 2021 het hy as rekenaarasiliteerder by Mullersrus Primêr begin en soms ook vir onderwysers ingestaan en klas gegee tot Augustus 2022.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'