HESSEQUA NUUS - Alle kunsliefhebbers en -versamelaars kan uitsien na 'n spesiale maandelikse instelling van die Hessequa Kunsroete wat van April af elke laaste Saterdag van 'n maand oop sal wees vir die publiek.
Vir diegene wat daarvan hou om na kunsuitstallings te gaan kyk kan hulle regmaak om te gaan inloer, gesels, 'n koppie koffie drink en die kunstenaars by hul ateljee te ontmoet.
Dit is ook 'n goeie geleentheid om uit te vind wat die kunstenaars alles bied met interessante klasse, praatjies en werkssessies.
Die Hessequa Kunsroete het 'n sosiale media-embleem ontwerp wat voortaan gebruik sal word om 'n 'Open Studio's' op die roete aan te wys. Die publiek kan dit bekom by die kunsroetebestuur vir eie gebruik. Hulle sal ook 'n bord buite die ateljee hê om aan te dui of dit oop is.
Kunstenaars in die streek wat betrokke wil raak kan hulle gerus kontak by:
- Stilbaai: Anita - 082 929 0166
- Riversdal: Marelise - 074 034 0352
- Albertinia: Nakita - 082 675 8860
- Heidelberg: Louise - 082 378 4126
Of besoek www.hsqaartroute.com vir meer inligting oor die Hessequa Kunsroete.
Besoek gerus die verskeie 'Open Studio's' van die Hessequa Kunsroete.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’