STILBAAI NUUS - In wat deur Marlin Jansen, voorsitter van Seagulls Rugbyklub, beskou word as 'n historiese oomblik sal die klub Saterdag kragte meet met Bridgton Rugbyklub, die gedugte span van Oudtshoorn in 'n Superliga A-wedstryd.
Sedert die klub van Melklhoutfontein se ontstaan in 1977 is daar al gedroom van hierdie oomblik en die drie spanne gaan op die veld draf met die wete dat die hele Melkhoutfontein en Stilbaai gemeenskap agter hulle staan.
In 'n roerende boodskap op die klub se facebook blad het Marlin Jansen, namens die bestuur, hulde gebring aan diegene wat die klub oor die jare gebring het tot waar hy vandag staan en ook aan die huidige afrigterskorps, spelers, ondersteuners, borge en vriende.
Die wedstryde vind in Oudtshoorn plaas en die C-span sal 13:00 afskop met die A-span se wedstryd wat 16:00 sal begin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’