Update
HESSEQUA NUUS - Lesers van Afrikaanse liefdesgedigte sal bly wees om te hoor dat die digter Fanie Olivier 'n nuwe bundel op die rakke het.
Ou laaie het enkele maande gelede verskyn.
Olivier is onder meer die samesteller van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, wat al sy vierde uitgawe sedert die oorspronklike publikasie in 1986 beleef het. Hy het lang draaie deur die akademie en joernalistiek geloop en het ook vir agt jaar klas in letterkunde en kultuurstudies by 'n universiteit in Pole gegee.
Dié ver paaie word in die titel van die nuwe bundel saamgevat. Volgens die digter is sommige van die gedigte lank gelede geskryf en nou weer uit laaie opgediep. Andersyds sinspeel die titel ook op sy voorkeur vir liefdesverse, glo 'n "ou laai" van hom.
Die digter en sy vrou Antoinette (Klein) is tans op Stilbaai. "Inperking het ons verhoed om die koue tyd by ons huis in KwaZulu-Natal te gaan deurbring. Ek hou myself nou maar met skryf besig," sê hy.
Kontak hom by 082 613 1488 of per e-pos by olivierf@mweb.co.za vir meer inligting.
Vorige artikel: Afrikaanse digter verbreek lang stilswye
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'