Update
HESSEQUA NUUS - Die kans dat 'n kind wat sonder toesig naby water speel kan verdrink, is groot.
Volgens Caville Abrahams, waterveiligheidsinstrukteur van die NSRI verdrink ongeveer 1 500 persone jaarliks, waarvan 450 kinders is.
“Al hierdie verdrinkings kon verhoed word,” sê hy en waarsku dat 'n kind in ongeveer 4cm water kan verdrink.
Hy deel 'n paar veiligheidswenke om verdrinkings te probeer voorkom.
Wenke
- Leer jou kinders van kleinsaf om nooit alleen naby water te speel nie.
- Leë houers wat water opvang, moet bedek of buite bereik van kinders wees. Kinders is nuuskierig en kan baie maklik in so 'n houer val en verdrink.
- Visdammetjies, fonteintjies, toilette, slote en groot waterbakke van diere is voorbeelde van waarin kinders al verdrink het.
- Wees nie meer as 'n armlengte van jou kind af nie wanneer julle naby water is.
- Wees altyd bewus van waar jou kind is en dat hy of sy nie na ‘n plek wegdwaal waar water kan wees nie.
- Maak seker jou selfoon is gelaai sodat jy dit tydens ‘n noodgeval kan gebruik.
- Leer KPR en memoriseer die noodnommer 112.
Skole en instansies is welkom om vir Abrahams te kontak (071 871 9664 / caville@searescue.org.za) vir gratis waterveiligheidslesse.
Vorige artikel: Voorkom verdrinkings
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'