HEIDELBERG NUUS - 'n 26-jarige man van die Oos-Kaap het Donderdagoggend, 31 Maart, wonderbaarlik ernstige beserings vrygespring toe die bakkie waarvan hy die bestuurder was, se band gebars en dit die pad verlaat het.
Die voorval het sowat 20 km op die N2 buite Heidelberg in die rigting van Kaapstad gebeur terwyl hy vanuit Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) na die Kaap op pad was.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, het die linkerband voor gebars en het hy beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het wal af in die bosse tot stilstand gekom.
Die man het verkies om anoniem te bly.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’