HEIDELBERG NUUS - Ao Alroy Windvogel, mediabeampte van Heidelberg-polisie maan inwoners om hul huise gesluit te hou na nog ‘n inbraak binne ‘n kort tydjie.
‘n Senior burger van die dorp se Samsung J4 is gesteel toe daar gedurende die nag van 9/10 Junie by hulle ingebreek is.
“Inwoners moet sorg dat hul huise behoorlik teen voornemende misdadigers beskerm is,” maan Windvogel.
Enigeen met meer inligting kan die polisiestasie by 028 722 1910 of 028 722 8227 skakel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'