Die opname is een van die Hessequa raad se nuutste inisiatiewe om te verseker die regering se Batho Pele beginsels word toegepas. Volgens me. Susan Vosloo, media beampte van die munisipaliteit ontwikkel en verbeter die Hessequa munisipaliteit gedurig die standaarde van stelsels wat gebruik word om die tevredenheid van die gemeenskappe rakende munisipale dienste vas te stel en is HITO 'n voorbeeld hiervan. "Die opname word gekoördineer vanuit die kantoor van die munisipale bestuurder, mnr. Johan Jacobs en die kostes vir die uitrol van die projek is minimaal". Voortvloeiend hieruit is die ontleding van die publiek se terugvoer om sodoende kwaliteit dienslewering te verseker.
Twee fase projek
Die HITO projek word in twee fases gedoen naamlik die persoonlike onderhoud (waar 10% van alle huishoudings besoek sal word deur 'n Hessequa veldwerker om die inligting in te samel) en 'n aanlyn fase (tweede fase) met dieselfde vraagstuk wat ongeveer 20% van inwoners sal teiken.
Inwoners wat hul rekeninge via e-pos ontvang sal die geleentheid kry om aanlyn hul opinie te gee deur middel van 'n skakel na die vraagstuk wat aan die persone versend sal word.
Veldwerkers
Veldwerks sal vooraf kennisgewings by die geïdentifiseerde huishouding besorg om sodoende te verseker dat inwoners bewus is van die HITO program.
Die kennisgewing sal op gevolg word met 'n besoek van die veldwerker waartydens 'n afspraak gereël sal word vir die voltooiing van die vraagstuk. Die veldwerkers sal duidelik uitgeken kan word met 'n identifikasie kaart wat op sy/haar uitrusting ten toongestel sal word met die woorde Field worker gedruk teen die rug.
11 vrae, 10 minute
Die vraagstuk bestaan uit 11 kort vrae en behoort die onderhoud nie langer as 10 minute te duur nie. Vosloo noem aan Suid-Kaap FORUM dat die munisipaliteit inwoners vra om egter oplettend te wees vir persone wat dalk hulself wil voorstel as veldwerkers en dan wonings wil betree.
"Hessequa veldwerkers word verbied om enige woning te betree en mag slegs toegang tot 'n erf versoek om kontak met die inwoner te maak".
Verwerking van inligting
Vosloo noem dat die verwerking van inligting sal plaasvind in Junie waarna 'n volledige verslag aan die raad voorgelê sal word. "Die verskillende departementshoofde in die munisipaliteit sal die inligting ontvang wat op hul beurt weer dit in aanmerking sal neem vir toekomstige projekte en begrotings. 'n Verkorte verslag sal ook op die Hessequa webblad beskikbaar wees". Sy het afgesluit deur te noem dat die raad dit graag wil beklemtoon dat HITO 'n vrywillige opname is, maar dat die inwoners se terugvoering nie as gering geag sal word nie.
* Vir verdere navrae kontak mnre. Louw de Villiers of Stephen Block by 028 713 8000 gedurende kantoorure.

Die groep veldwerkers van die Hessequa munisipaliteit sal in die volgende paar weke die 'Hessequa Inwoners Tevredenheid Opname' doen in al die dorpe in die streek. Agter van links: Jobieth Hoogbaard, Ashwalene Sambo, Maria Van Rooyen, Everil Riddles en Mochelle May. Voor van links: Ewynne Lotz, Royden Hendricks, Lizel Pieterse en Annelice Scholtz.