ALBERTINIA NUUS - Die N2 na Mosselbaai net buite Albertinia is steeds gesluit vir verkeer ná gisteraand se gru-ongeluk wat die lewe van drie mense geëis het.
Die vragmotor, wat met ‘n bakkie in ‘n tromp-op botsing betrokke was, versper die pad en werkers op die ongelukstoneel spook om dit te verwyder voordat die pad weer oopgestel kan word.
Verkeerspolisie is op die toneel om aankomende motoriste op die Ystervarkafdraai deur Albertinia te herlei.
Vorige artikel: Tromp-op botsing eis drie lewens
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'