STILBAAI NUUSFLITS - 'n Interessante proe-geleentheid, oor twee dae, word gedurende die April-skoolvakansie hier aangebied met die Stilbaai Craft Beer, Gin and Wine Expo wat op 4 en 5 April in die gemeenskapsaal plaasvind.
Volgens die organiseerders word nie minder nie as 23 top wynplase van die Riversdal- en Herbertsdale-omgewings en tot sover as die Karoo, Robertson-wynvallei, Stellenbosch en die Kaap, asook die Hermanus- en Agulhas-omgewings verwag met heelparty wynmakers en eienaars wat self hul wyne gaan verteenwoordig.
Ses mikro-bierbrouerye van sover as Darling, Worcester en Mosselbaai sal hul verskillende boetiekbiere vir proe beskikbaar hê.
Stilbaai se wêreldbekende gin-distilleerdery gaan vanjaar vir die eerste keer óók by die expo wees met nóg ’n paar eiesoortige distilleerders wat hul produkte aan die publiek bekend gaan stel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'