HESSEQUA NUUS - Hoewel joernalistiek nie op sy top-10-lysie was nie, het Vilando Kleinhans van Melkhoutfontein besluit om die groot sprong te waag om vanjaar indiensopleiding by Suid-Kaap Forum te ontvang.
Kleinhans het in 2013 by Gerrit du Plessis Senior Sekondêr gematrikuleer en het die jaar daarna sy nasionale diploma in toerisme by die Northlink Tygerberg-kampus verwerf.
Vanaf middel 2016 tot begin 2018 was hy by Hessequa-munisipaliteit as vakleerling by die toerisme-afdeling.
Ander kursusse wat hy gedoen het, sluit in 'n, Badisa work4aliving job skills programme, Business Etiquette and Professional Behaviour, asook Entrepreneurship Development programme.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'