STILBAAI NUUS - Om op 85-jarige ouderdom nog elke dag fluks te oefen, wil gedoen wees.
Professor Hannes Botha van Stilbaai het reeds op 'n baie jong ouderdom 'n aanvoeling vir atletiek getoon.
In graad 11 (destyds standerd 9) het hy die Vrystaatspan in spiesgooi, werpskyf en gewigstoot gehaal en van toe af nooit weer teruggekyk nie.
Hy het in 1962 die eerste atleet in Afrika geword wat die gewig verder as 60 voet kon stoot. Sy afstand was in vandag se terme 18,47 meter.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'