RIVERSDAL NUUS - Die amptelike oorhandiging van die nuwe brandweerwa het 6 Julie by die munisipaliteit op Riversdal plaasgevind.
Chris Onrust, direkteur van gemeenskapsdienste het gesê: "Dit is 'n groot aanwins vir die munisipaliteit se reddingsdienste.
Die voertuig wat aan Hessequa-munisipaliteit oorhandig is, is spesifiek ontwerp om op 'n plaaslike vlak gediens en onderhou te kan word, wat die ekonomie sal ondersteun en dienslewering bevoordeel."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'