STILBAAI NUUS - 'n Groot groep motor entoesiaste van Just Wheels het Saterdag, 20 November by Stilbaai-gholfklub bymekaar gekom vir ontbyt en sommer net om te gesels.
Volgens Just Wheels se woordvoerder, Johan Beetge is dit nie 'n klub nie, maar mense wat 'n liefde en passie vir ou en ook unieke motors deel.
Die motors het een vir een by die gholfklub arriveer en opvallend was die teenwoordigheid van die gades, wat duidelik net so trots op die motors is.
Persone wat belangstel om meer te wete te kom van hierdie ou motors, of op soek is na inligting kan hulle Johan Beetge (083 725 3790) skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'