STILBAAI NUUS - Groot was die verbasing toe ywerige voëlkykers, Francois en Renette Furstenberg, Woensdag laatmiddag 'n baba pikkewyn op die rotse by Morrispunt gewaar.
Francois het dadelik nadergestap om te kyk of hy kan help, terwyl Renette met haar verkyker gekyk het.
Die pikkewyn het intussen in 'n rotsskeur beland en na 'n hele gesoek het Francois die arme dier opgespoor.
Hulle het kontak gemaak met Mosselbaai Penguin Rescue en die dame het presies verduidelik hoe hulle die pikkewyn moet hanteer en sy het begin planne maak om Cape Nature betrokke te kry, wat dan die nodige stappe sal neem om die pikkewyn by hulle te besorg.
Renette sê hulle het dadelik besluit om die pikkewyn Morris te doop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’