STILBAAI NUUS - Die wakker optrede van twee yweruige voëlkykers, Francois en Renette Furstenberg, het waarskynlik die lewe van 'n jong pikkewyntjie, Moreen Morris, gered.
Die reddingsgroep het aanvanklik die pikkewyn Morris gedoop na aanleiding van Morrispunt, maar toe die veearts later bevestig dis nie 'n hy nie, maar 'n sy het sy terstond Moreen Morris geraak.
Renette vertel dat hulle Woensdag 26 November in gure weer die pikkewyntjie opgemerk het op die rotse by Morrispunt in Stilbaai.
Francois het vir Moreen daar diep-vêr op die rotse opgemerk en nader gestap om vas te stel watter spesie pikkewyn dit is.
Hy het dit dadelik gedeel op sy Stilbaai Birding Adventures whatsapp groep en Pieter het dadelik kom kyk, maar weer gery.
Madi Howell het ook baie vinnig 'n artikel oor die naby uitwissing van pikkewyne, insluitend die kontak detail van Penguin Rescue in Mosselbaai, op die groep gedeel waarna die Furstenbergs hulle dadelik gekontak het.
In die tyd het 'n swartrugmeeu 'n aanval op die pikkewyn geloods wat dit probeer ontwyk het, maar toe in 'n diep gat tussen die rotse beland het.
Nadat goeie instruksies van Penguin Rescue ontvang is het Francois weer vir Moreen gaan soek.
Lees die volle artikel op Vrydag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’