JONGENSFONTEIN NUUS - Martina van der Merwe, Aletta van Rensburg en Mariana le Roux van Jongensfontein het van die nood vir warm skoolklere wat by dié landelike skool bestaan, te hore gekom.
Hulle het ingespring en ongeveer 20 truitjies van verskillende groottes gebrei.
Martina het ook serpe en mussies gebrei.
Die hoof en personeel bedank die dames vir die mooi gebaar.
Van die leerders spog met die truie, mussies en serpe.
Van links is Martina van der Merwe en Alida Duminy (opvoeder).
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'