STILBAAI NUUS - Met sy eerste besoek aan Stilbaai op 30 November 2024 het hy homself vergewis van die werking en toestand van die hawe.
Met hierdie tweede besoek het hy met die plaaslike vissersgemeenskap en ander belanghebbendes vergader om te luister na hulle uitdagings en ook om hulle in te lig waarmee hy besig is om die lewe vir hulle makliker te maak.
Dit is vir hom belangrik dat die hawe doeltreffend en as 'n ekonomiese bate bestuur word en daarom het hy 'n projek, Fishing for Freedom, van stapel gestuur wat kyk na al twaalf klein hawens wat onder sy departement val.
Om dit vir hom makliker te maak om met belanghebbendes in elke hawe te skakel voorsien hy 'n klein groepie mense wat die belange van 'n spesifieke hawe op die hart dra en hulle sal op 'n gereelde basis met die ministerie skakel. Dit sal heelwat rompslomp uitskakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’