RIVERSDAL NUUS - Dierewelsynsorganisasie PDSA van George het Vrydag 27 Maart ’n besoek aan Riversdal gebring om plaaslike troeteldiereienaars by te staan.
Die span het hul dienste by die Riverville-sportterrein aangebied, maar die opkoms was teleurstellend.
Slegs 10 katte en 17 honde is tydens die besoek ingeënt.
Volgens organiseerders is die koste verbonde daaraan om sulke dienste na die dorp te bring aansienlik, wat die lae deelname des te meer kommerwekkend maak.
Tydens hul besoek het die PDSA ook ’n hondjie, Wollie, ingeneem nadat hy deur ’n motor raakgery is.
Wollie sal deur die organisasie geëvalueer word, waarna terugvoering oor sy beserings gegee sal word.
Daar word vermoed dat hy ’n gebreekte bekkenbeen opgedoen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’