STILBAAI NUUS - Stilbaai hawe was vanoggend 4 Desember die ene bedrywigheid toe die Militêre Akademie se Trans Enduro span 'n parade gehou het in die hawe.
Hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om 'n brief van welwillendheid aan die Hessequa Munisipaliteit se Speaker, Thinus van den Berg te oorhandig.
Die span bestaan uit 'n rubberboot-, fietsry- en hardloopspan asook 'n landspan wat blikkie skud vir liefdadigheid.
Vanoggend na die parade het hulle vertrek na hulle volgende bestemming, Struisbaai.
Dit is 'n jaarlikse instelling wat al van 1982 kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’