Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Studente van die die Militêre Akademie, die krygskunde akulteit van die Universiteit Stellenbosch doen elke jaar 'n Trans Enduro en die toer begin in Gqeberha.
Hulle besoek verskeie dorpe tot hulle 10 dae later die toer in hulle tuisdorp, Saldanha, voltooi.
Die doel daarvan is om geld vir die Militêre Akademie se Masiza gemeenskapsuitreikprogram in te samel.
Die studente is dan ook in sosiale impakprojekte betrokke in die dorpe waar hulle aandoen. Die groep bestaan uit nege spanne, wat insluit land, drawwers, logistiek, sein, media, fietsryers en seespanne.
FOTOGALERY: Militêre Akademie draf deur Hessequa
Die studente het Dinsdagaand, 30 November vanaf George arriveer en Woensdagoggend, 1 Desember na 'n klein seremonie by Stilbaai-hawe vertrek.
VIDEO: Militêre Akademie op drafstappie deur Hessequa
Die Trans Endurospan van die akademie. Foto: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'