RIVERSDAL NUUS - ’n Entstof is nog nie beskikbaar wat jou van die koronavirus gaan vrywaar nie, maar Moeder Natuur sorg darem vir genoeg hulpmiddels as jy jou immuunstelsel so op die vooraand van die winter wil versterk.
Des Coetzee werk al jare lank in die gesondheidsbedryf en is passievol daaroor om mense te inspireer om gesonder te lewe.
Sy het ’n gesondheidsplan met natuurlike bestanddele wat jy gewoonlik in jou koskas het, ontwikkel wat jou sal help om die winter gesonder te bly.
Het jy geweet:
- Knoffel bevat bestanddele wat anti-inflammatories is en wat kieme en infeksie teenwerk. Dis ’n besonder sterk antibiotikum teen verkoue en griep.
- Gemmer is ’n goeie bron van anti-oksidante wat die immuunsisteem versterk en help vir naarheid, hoofpyn en gewrigspyn.
- Borrie se aktiewe bestanddeel is curcumin, ’n sterk anti-oksidant en anti-inflammatoriese agent. Dit versterk die reaksie van die immuunstelsel om selskade te herstel.
- Rooipeper word weens die kragtige genesende funksie daarvan die koning van kruie genoem. Dit is veral bekend daarvoor dat dit die hart- en bloedsomloop stimuleer. Meng dit met water en gorrel daarmee vir ’n seer keel. Die capsaicin in rooipeper help om neus, longe en sinusse skoon te maak. Dit verlig ook lyfseer en is uitstekend om verkoue en griep mee te beveg.
- Kaneel is ’n anti-oksidant wat bloedsuikervlakke reguleer.
- Basieliekruid ondersteun die hart en is goed vir ontsteking van bloedvate.
- Roosmaryn het anti-inflammatoriese eienskappe en verlig nasale blokkasies en allergiese reaksies.
- Paprika bevat ’n hoë dosis vitamien C wat help om griep te beveg.
- Peperment bevat mentol wat ’n natuurlike antihistamien is wat die groei van bakterieë bekamp. Dit verlig ook ’n toe neus.
Kossoorte wat waardevolle voedingsaanvullings is:
- Vitamien B3 (niasien) in melk, eiers, olierige vis, vleis en donkergroen groentes help met metaboliese funksies;
- Vitamien C in suurlemoen en ander sitrus, koejawel en brokkoli is ’n anti-oksidant wat weerstand help opbou;
- Vitamien D in sonlig, omega-olie, olierige vis soos sardiens en wortels ondersteun die immuunstelsel;
- Betanien in beet is ’n anti-oksidant met anti-inflammatoriese eienskappe wat die immuunstelsel versterk. Folaat, ’n B-vitamien in beet maak rooibloedselle en verbeter die suurstofinhoud in bloed;
- Sink in beesvleis, oesters en hennep-, sesam- en pampoensade versterk en onderhou die immuunstelsel en help weefselskade herstel.
Maklike winterresepte - Meng water, suurlemoen en lemoenskywe, heuning, gemmer en ment en sit in die yskas. Drink vir verkoue, griep en hoes.
- Rooibostee met heuning, gemmer en appelasyn en ’n teelepel rooipeper troos ’n seer keel en laat die griep uitsweet.
- Warm melk, borrie, kaneel, neut en heuning laat jou lekker slaap.
Kerriepot met uie, knoffel, borrie, paprika, rooipeper, bone en gort is kragkos vir ’n seer lyf. - Hoendersop - daar is bevind dat die hoenderbene in tuisgemaakte sop ensieme vrystel wat virusse beveg. Voeg groente, uie, lensies en vars pietersielie by.
“Hierdie disse laat ’n olike pasiënt sommer gou weer vrolik voel,” sê sy.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'