ALBERTINIA NUUS - ‘n Bekende fotograaf van Albertinia en ook vryskutskrywer vir Suid-Kaap Forum, Mariska Visagie, is op Maandag 11 Maart weer as beste troufotograaf in die Tuinroete deur Global Wedding Awards 2024 aangewys.
Dis die vierde keer wat Mariska dié toptoekenning vir haar uitsonderlike foto’s oor die jare ontvang.
Global Wedding Awards se navorsingspan versamel inligting onafhanklik van ‘n verskeidenheid openbare toeganklike bronne, saam met enige materiaal wat deur die party of genomineerde self verskaf word.
Haar passie vir fotografie het reeds in 2013 begin. Sy meen om troues af te neem, verg lang ure op jou voete, veral as dit van begin tot einde moet wees. Die werk stop egter nie daar nie, want lang ure agter die rekenaar volg om die foto's te verwerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’