STILBAAI NUUS - Om dit eenkeer te doen kan as geluk beskryf word, maar driekeer in 'n ry plaas jou tussen die bestes in die bedryf.
In die meer as 40 jaar wat die kampioenskappe aangebied word is Marijké die eerste en enigste vrou wat al as kampioen gekroon is.
Marijké is vanjaar aangewys as die algehele witblitskampioen, sy het die beste witblits met dop gehad, beste roomlikeur, beste gemmerlikeur en het ook die prys ontvang vir die meeste klaswenners.
Voorwaar 'n prestasie waarop sy baie trots kan wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’