STILBAAI NUUS - Ná 15 jaar diens by Steyns Boumateriale het Willem Marcus besluit om die tuig op 31 Januarie neer te lê.
Die personeel en bestuur het Maandag 29 afskeid van hom geneem en 'n horlosie en sertifikaat is deur Willem Oelofse aan Marcus oorhandig.
Hy het die gemeenskappe van Riversdal en Stilbaai vir meer as 45 jaar gedien en het eers by Die Handelshuis gewerk.
Alta Breytenbach, plaaslike inwoner het sy lof op sosiale media besing:
"Willem was 'n voorbeeld deur sy pligsgetrouheid, vriendelikheid, geduld, kundigheid en nederigheid en hy het altyd gesorg dat ek met die regte goed by die huis aankom."
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'