HEIDELBERG NUUS - Mandy Meintjies, 'n vrywilliger by die plaaslike radiostasie, Gateway Radio, en haar gelukbringer, Gigi, is op Jeugdag, Vrydag 16 Junie, in die dorp opgemerk.
Hulle was besig met hul bydrae tot kinderbeskerming wat hulle in samewerking met die plaaslike polisie se vrouenetwerk en vrywilligers by hul traumakamer gedoen het.
Daar is traktaatjies oor kinderbeskerming aan plaaslike inwoners asook besoekers aan die dorp uitgereik.
Hier spog Meintjies saam met Gigi tydens hul uitreikingsveldtog by ‘n bekende motorhawe langs die N2.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’