HEIDELBERG NUUS - 'n Middeljarige man (48) is Saterdagaand, 25 Maart, omstreeks 18:20 op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem nadat hy op die N2 deur 'n provinsiale verkeersman afgetrek is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, is die bestuurder op die N2 deur die verkeersman gesien waar hy glo roekeloos bestuur het.
Na vermoede was hy onder die invloed van alkohol waarop hy getoets is en dit bevind is dat sy lesing 0.90 is.
Die polisie is ontbied en is hy gearresteer waarna hy na die hospitaal geneem is om bloedtoetse te doen.
Hy is op waarskuwing vrygelaat totdat die uitslag van die bloedtoets bevestig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’