SWELLENDAM NUUS - 'n Bestuurder van 'n bakkie met 'n vrag perlemoen is kort na 01:00 op Maandag 15 April by die weegbrug in hegtenis geneem.
Die 64-jarige man van Khayalitsha in Kaapstad was klaarblyklik met die perlemoen, met 'n straatwaarde van sowat R385 000 van Kaapstad na Mosselbaai onderweg toe hy by die weegbrug afgetrek is.
Die voertuig het vals nommerplate gehad, wat die vermoede laat ontstaan het dat dit 'n gesteelde voertuig is. Die man sal aangekla word van onwettige besit van perlemoen en moontlik ook 'n gesteelde voertuig. Alternatiewelik sal 'n klag van bedrog teen hom gelê word. Hy word by die Swellendam-polisiekantoor aangehou.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'