STILBAAI NUUS - Die 66-jarige oudskoolhoof van Hoër Landbouskool Oakdale, André Latsky, het borsbeserings en twee gebreekte ribbes opgedoen in 'n botsing reg van voor op die R305 naby Julie se Baai-kampeerterrein.
Volgens die polisie het die ongeluk Sondag 3 Mei om 17:10 gebeur, terwyl Latsky op pad was in die rigting van Stilbaai.
Die 44-jarige bestuurder van die ander voertuig, 'n sakeman van Stilbaai, is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur en sal eersdaags in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’