Breaking News
HEIDELBERG NUUS - 'n 66-jarige man van Heidelberg is vanmiddag, 7 Maart, deur polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.
Die man het na bewering met sy vriend se hond seks gehad het.
Ooggetuies het die voorval gesien en dit aan die polisie gerapporteer.
Die hond, 'n teef, is gekonfiskeer en is tans by die dierebeskermingsvereniging (DBV) op Swellendam.
Die verdagte word aangekla van bestialiteit en sal môre sy eerste verskyning in die landdroshof op Heidelberg maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’