HEIDELBERG NUUS - 'n Twee-en-veertigjarige inwoner van Heidelberg, Henry October is Woensdagaand, 30 September in George-hospitaal oorlede nadat hy Vrydag, 25 September na bewering deur lede van die plaaslike polisie aangerand is.
October, wat onder inwoners meer bekend is as Pielie, het in ‘n ernstige toestand verkeer na ‘n noodoperasie Maandagaand.
Sy suster, Lisa Oktober vertel dat ‘n noodoperasie aan sy dunderm gedoen moes word as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het.
Kapt Malcolm Pojie, polisie kommunikasiebeampte vir die Suid-Kaap het by navraag genoem dat geen klag van aanranding teen die polisie ingedien is nie. Hy vra dat enigiemand wat oor meer inligting beskik, die stasiebevelvoerder kontak (028 722 1910) sodat hulle die saak kan ondersoek.
Wyle Henry October se ID-foto.• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'