RIVERSDAL NUUS - Majoor Gert Zovitsky (85) van Riversdal is op 11 Augustus oorlede.
Hy het in 1998 op die dorp afgetree ná 'n loopbaan as volkekundige. Hy is as majoor deur die destydse weermag na Pretoria gesekondeer.
Vandaar het hy geskuif na KwaZulu-Natal waar hy in die Buthelezi-era as volkekundige, navorser en adviseur in verband met die genealogie van die Zulu-koningshuis en Zulu-stamme gewerk het.
Zovitsky word oorleef deur sy vrou, 'n seun en drie dogters.
Sy lewe is op 20 Augustus deur sy familie en vriende by De Doornkraal Vinotel in Riversdal gedenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’