HESSEQUA NUUS - Ontstuimige weerstoestande het dikwels die gevolg dat robwelpies van die rotse afgeslaan word.
Omdat hulle nie sterk genoeg is om teen die seestrome weer op die rotse te kom nie, spoel hulle op die strand uit.
Tien welpies is reeds op 30 November deur S.M.A.R.T. (Stranded Marine Animal Rescue Team) na Hartenbos-dierehospitaal geneem.
Val Marsh, S.M.A.R.T.-kommunikasiebeampte maan inwoners en besoekers om op die uitkyk vir die welpies te wees, maar om hulle nie in die see terug te sit nie. “Hulle is te swak en te moeg en sal verdrink,” waarsku sy.
Persone wat op welpies afkom, kan S.M.A.R.T. (072 227 4715) kontak met ‘n pin van hul ligging en ook hul kontaknommer.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'