HESSEQUA NUUS - Die munisipaliteit, en in sommige gevalle Eskom, is vir veilige elektrisiteitsaansluitings in die dorp verantwoordelik.
Wanneer hulle dit doen voldoen die aansluiting aan al die veiligheidsvereistes. Duidelike kennisgewings word aangebring om ongemagtigde persone te waarsku om weg te bly.
Onwettige aansluitings wat deur ’n ongekwalifiseerde persoon gedoen word, is nie veilig nie en kan tot lewensverlies of ernstige beserings lei.
Sulke aansluitings moet onverwyld by die munisipaliteit aangemeld word ten einde die risiko te beperk.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'