STILBAAI NUUS - Lizmarie van Wyk (26), wat skuldig bevind is aan handeldryf in tik ter waarde van R500, is op Vrydag 23 Junie 'n opgeskorte vonnis van vyf jaar in die landdroshof in Riversdal opgelê ná sy 'n pleitooreekoms met die staat aangegaan het.
Volgens die beampte wat die arrestasie uitgevoer het, sers. Jakobus Spangenberg, verbonde aan Langeberg honde-eenheid in Mosselbaai, is die saak al vir 'n geruime tyd, sedert 2018, op die hofrol.
Hy sê verskeie sistemiese faktore het bygedra tot die vertraging in die finalisering van die saak.
Van Wyk is glo tydens 'n lokvaloptrede deur die polisie op 14 Desember 2017 om 04:30 in hegtenis geneem ná sy gereeld dwelms aan 'n polisieagent verkoop het.
Spangenberg sê om 'n smokkelaar te identifiseer en te laat veroordeel, verg baie meer betrokkenheid van die gemeenskap en dat die gemeenskap polisiemanne in hul vertroue moet neem en met waardige inligting moet verskaf.
Anonimiteit sal te alle tye verseker word.
Die bestuur van Langeberg se honde-eenheid het Spangenberg bedank vir sy pogings om dwelm-smokkelaars vas te vat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’