RIVERSDAL NUUS - Die vrou wat haar ma se lewensmaat Saterdagaand doodgesteek het, het Maandag 27 Mei in die landdroshof verskyn.
Die 31-jarige vrou het die 67-jarige Chris Arries omstreeks 21:00 Saterdag 25 Mei in haar ma se huis in Vetterivierrylaan na bewering met 'n mes doodgesteek.
"Die liewe Vader alleen sal weet waarom sy hom gesteek het," het Sarah de Klerk, in haar 70's, Maandagaand gesê.
Volgens haar was sy Saterdagmiddag by 'n begrafnis. "Ek het nie 'n horlosie in die huis nie, maar dit was nog lig toe ek terugkom." Sy het iets te ete gemaak en in die bed geklim.
"Na 'n tyd - dit was al laat gewees - hoor ek iemand by die deur en toe ek oopmaak staan my dogter, haar man en my seun daar. Sy het ingekom en op my man afgestorm. Toe ek haar wil keer, het sy my met die vuis geslaan. Toe slaan sy hom by my seun se kamer in en toe spuit die bloed! Ek het nie gewis sy gaan hom steek vir dood nie. Hy het net gesê: 'Ouma, ek kan nie meer nie.' Toe ek kyk is dit net bloed - soos 'n skaap wat jy keel afgesny het."
Sy het hom buitentoe gesleepdra om die bure te vra om die ambulans te bel. "Toe word hy net slap en gly uit my arms. Ek het nog by die lyk gestaan, toe sien sy nog kans om te steek."
Die bure het die polisie gebel, wat haar dogter gearresteer het. "Haar man het later van haar klere kom haal, maar ons het nog nie gehoor wat verder gebeur nie."
Volgens De Klerk het haar dogter, wat onlangs weer by haar ingetrek het, haar al voorheen aangerand. "Dis die dwelms wat so maak."
Die nadoodse ondersoek is Dinsdag gedoen. De Klerk is in aanhouding tot Woensdag 5 Junie, wanneer sy vir borgtog kan aansoek doen.
A 31-year-old woman, Maria de Klerk is in custody after she stabbed her mother's life partner to death on Saturday night 25 May.
The mother is at a loss for the possible motive for the act. She will appear in court on Wednesday 5 June for a bail application.
Die moordtoneel in Vetterivierrylaan waar ’n bejaarde man gesterf het na hy deur sy lewensmaat se dogter doodgesteek is.
Skoongewas deur die reën. Die toneel in Vetterivierrylaan waar Chris Arries beswyk het.
'We bring you the latest Riversdale, Hessequa news'