STILBAAI NUUS - Vyf splinternuwe polisiebeamptes het hulle aangemeld vir diens in Stilbaai.
Hierdie vier mans en een dame is dit almal eens dat hulle hier is om hulle taak tot die beste van hulle vermoë uit te voer en hulle is baie gelukkig om by so 'n ervare en suksesvolle span aan te sluit.
Kaptein Johan van Tonder, bevelvoerder van Stilbaai SAPD, sê dit is die eerste keer in 12 jaar dat so 'n groot spannetjie aan hulle toegedeel is en dit gaan beslis waarde toevoeg tot die polisiestasie.
Daar was ook 'n ruilverplasing en sersant Ian Pieterse van Prins Albert het geruil met sersant Charlton Petersen wat in Stilbaai was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’