HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike landdroshof is binne 'n kwessie van drie maande met twee sterftes in hul geledere getrotseer.
Dié keer is dit die landdros, Michael Delport (54) wat Sondagaand ongeveer 19:30 in die Chris Barnard Memorial Hospitaal na 'n kort siekbed van drie weke oorlede is.
Op 29 Mei vanjaar is Janine Rosen-Cleophas (40) dood toe sy en haar man, Jacques en dogter, Xané (16), in ’n gru-ongeluk buite Khayalitsha betrokke was. Sy was tot haar skielike heengaan kantoorbestuurder by die hof die afgelope nege jaar.
Volgens Delport se enigste dogter, Mika (20), het haar pa op 29 Julie ’n hewige hartaanval gehad en is hy in die Bayview-kliniek opgeneem. Hy is op 10 Augustus na Kaapstad oorgeplaas, waar hy as gevolg van ’n verswakte hart die stryd verloor het.
Die begrafnisdiens sal Maandag 28 Augustus om 13:00 vanuit Heidelberg Stadsaal plaasvind.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'