STILBAAI NUUS - Gedurende die laaste week van die derde kwartaal is 'n baie suksesvolle kultuurweek by die skool gehou. Daar was sommer baie om te doen en die familie kon gedurende die dag kom smul aan lekkernye by die Bertie Barnard-teetuin.
Die week het met 'n heerlike Spar-ontbyt vir almal afgeskop.
Die leerders het die oumas en oupas daarna met 'n verskeidenheidskonsert vol voordrag, sang en musiek verras.
Die jong Bertie-boere het hul groente, kruie en blomme uit hul eie oes uitgestal en EW Maritz is as wenner uit hierdie klompie aangewys.
Mej. Rommelrok senior en junior, asook Mnr. Hercules senior en junior is tydens die modeparade waar hulle hul kledingstukke uit rommel moes vertoon, gekroon. Die polisie, brandweer, verkeer en NSRI het die leerders se kennis oor veiligheid op die pad, in die omgewing en in die water kom opskerp.
Die week is met 'n 'colour run' wat baie pret was, afgesluit.
Mnr. Hercules sr. is Hendrik de Beer, met Kobus Groenewald in die tweede en Ruan Bouwer in die derde plek.
Gaby Nel (Mej. Rommelrok sr.) staan tussen haar twee prinsesse Julie Prinsloo (tweede plek) en Simone Beetge (derde plek).
Alek Vorster is as Mnr. Hercules jr. aangewys. Louis de Jager was tweede en Neil Meyer derde.
Cecile Bouwer is as Mej. Rommelrok jr. gekroon. Mieke Calitz-Rood was tweede en Priyanka Gopal derde.
Mnr. Nicky Deetlefs oorhandig EW Maritz se pryse aan hom.
Die 'colour run'.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'