STILBAAI NUUS - Kwikkies is 'n sentrum vir pensionarisse en volwassenes met gestremdhede in Melkhoutfontein en word bedryf deur Jagersbosch Gemeenskapdienssentrum in Stilbaai.
Die fasiliteerder by die sentrum is Michelle Smith, 'n arbeidsterapeut, en sy verrig wondere met die mense wat die sentrum besoek.
Met Vrydag se opedag het Corrie en Ruzaan de Jager van die Life Buoy Familiekerk in Stilbaai met hulle pragtige sang en musiek die mense op hulle voete gehad en daar is lustig gedans.
Sarah Breedt en Rianni Loots van Sloukou/Sandbox Bible het 'n verhaal van dankbaarheid uitgebeeld met hulle figure in die sand en ander vrywilligers wat weekliks pilates- en oefenklasse daar aanbied het ook kom deel in die pret.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’