RIVERSDAL NUUS - Die skool se lewenswetenskap-onderwyser, Suzanne Riekert kan met reg spog met haar matrieks van 2021.
Lewenswetenskappe het die tweede hoogste gemiddeld in die Wes-Kaap met 80.1% verwerf.
Daar is 33-leerders wat die vak geneem het waarvan 20 'n A-gemiddeld en ses 'n B-gemiddeld behaal het. 26 uit die 33 het bo 70% behaal.
Sunica Tesner is die toppresteerder in die vak met 97%. Geen leerder het onder 50% gekry nie.
"Die skool is baie trots op haar en haar matrieks van 2021. Die skool bied kwaliteitonderrig aan en die matriekuitslae van 2021 is net weer eens 'n bewys hiervan," het Estea Venter, openbare betrekkinge beampte van die skool gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'