STILBAAI NUUS - Kuumba, 'n Badisa inisiatief, het Melkhoutfontein Primêr, Seesterretjies-kleuterskool, Laerskool Bertie Barnard en Huis Stilbaai Vrydag 6 Maart besoek.
Hy het pretaktiwiteite en leersame praatjies gekombineer om sy boodskap van hoop oor te dra en veral die kleiner kinders kon nie genoeg van hom kry nie. Kuumba is goed bygestaan deur die SAPD en Hessequa-brandweerdiens.
Kuumba beteken "om ons gemeenskap mooier en beter te laat as wat ons dit aangetref het."
Gegrond op die oortuiging dat ware omgee oor meer as net woorde gaan, gebruik Kuumba Sorg kreatiwiteit om sinvolle optrede te inspireer en ondersteun dit kinders, gesinne, bejaardes, persone met gestremdhede en mense wat deur middelafhanklikheid geraak word.
Hierdeur bou Badisa aan 'n Suid-Afrika waar almal bemagtig en versorg is, en die geleentheid kry om te floreer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’