STILBAAI NUUS - Die Hessequa-streek se kunstenaars was die afgelope ruk besonder besig om sonderlinge kleinkuns-skilderye ten bate van Jagersbosch se gemeenskap te skep.
Dit is projek wat gegrond is op die uiters geslaagde fondsinsamelingskonsep, Night of a thousand drawings, waartydens kuns ten bate van liefdadigheid opgeveil word.
Stilbaai se weergawe daarvan het verlede jaar die eerste keer plaasgevind.
Kunstenaars is gevra om oorspronklike kunswerke op papier, karton of doek te skenk. Elke skildery moet A5-grootte wees. Oor die 300 kunswerke is verlede jaar teen R100 elk opgeveil.
Vanjaar se Night of Art vind Saterdagaand, 7 Oktober, van 18:00 tot 22:00 by Die Waenhuis plaas. Die kaartjies kos R190 elk en dit sluit pret, versnaperings en wyn in.
Daar is slegs 'n beperkte aantal kaartjies beskikbaar en kan by Jagersbosch se kantore afgehaal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’