RIVERSDAL NUUS - Kunstekaap se gewilde landelike uitreikprojek kom more en Donderdag na die Hessequa-munisipaliteit, in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Onderwys en die Hessequa Jeugfees.
Die Kunstetreffers-produksie word op 15 en 16 Oktober in die Riversdal-stadsaal aangebied en beloof ’n viering van kultuur, gemeenskap en kreatiwiteit.
Die program sluit optredes in deur Unmute, Dance for All, Cape Ballet Africa, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en verskeie ander kunstenaars. Plaaslike groepe soos die Riversdal Uitvoerende Kunstekoor en The Empower Drumming Academy tree ook op.
Benewens die vertonings bied Kunstekaap ’n loopbaan-ekspo vir hoërskoolleerlinge aan, waar hulle meer oor loopbane in klank, beligting en verhoogbestuur kan leer.
Kunstekaap se uitvoerende hoof, Marlene le Roux, sê die projek help om toegang tot die uitvoerende kunste te herstel en talent in landelike gemeenskappe te bevorder.
Alle vertonings is gratis en skole en inwoners word aangemoedig om hul plekke te bespreek.
Vir besprekings of meer inligting, kontak Lenicha Willemse by 071 745 9512 of Raymond Heunis by 062 346 1426.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’