HESSEQUA NUUS - Is jy lus om Saterdag 28 September verras te word?
As jy in die Hessequa-streek woon of hier besoek aflê, is die uitnodiging: besoek 'n kunsateljee!
Die Hessequa-kunsroete (Hessequa Art Route) se kunstenaars verwelkom kunsliefhebbers die laaste Saterdag van elke maand in hul kreatiewe ruimtes tydens die opedag-ateljeeprojek (Open-studio Project).
Louise Kluyts, die voorsitter van die Hessequa-kunsroete het dié konsep geskep en ontwikkel.
"Mense kan die streek se deelnemende kunstenaars onmoet, hul jongste werke besigtig en sommer net lekker kuier.
Jy kan dalk sélf ervaar hoe hulle aan 'n nuwe projek werk, verf, spuit en timmer, metaal moker, yster buig en klei in vuur en vlam in kuns omtower.
Jy kan selfs 'n slypskool bywoon en jou eie kunstalent ontdek, " nooi sy.
Die nuwe opedag-seisoen skop Saterdag af - met uitstallings in Albertinia, Stilbaai, Riversdal, Heidelberg en Witsand.
Sowat 25 kunstenaars stal by hul onderskeie ateljees en by Stilbaai se Brugmark uit.
STILBAAI
Exhibition@Artizan
Mariqi Art
Stilbaai Kontreiwinkel by die historiese Palinggat-opstal
Marina Stadler en Sonja Margerison stal uit by Hoofweg-Oos 11, Stilbaai-Oos.
Trudie Schoombie
Stilbaai se Brugmark met die kunstenaars:
Dan van Graan
Nakita Joubert
Jenny Book
Louise Bowden (Louise Ynclan)
Cat's Paw Pottery
HEIDELBERG
Inspired
Footloose Inc.
Firefly Studio
Star Nation Art Studio (met Louise Kluyts en Zelda Truter)
PVB Knives - Pieter van der Bank, staalmeester
Andries Kluyts, metaalmeester
ALBERTINIA
Bernard Odendaal
Elani Lubbe
RIVERSDAL
Christiaan J De Swardt
Marilise Lombard
Danie Cronjé
GOURITSMOND
Marieta Steenekamp
WITSAND
Elize Bruwer
Kom, ervaar kreatiewe oorspronklikheid.
Besoek die onderstaande skakels en stel vas waar wat wanneer gebeur!
#originalart#oorspronklike kuns#suidkaap
#hessequa#hessequaartroute#RiversdalArt
#StilbaaiArty#HeidelbergArt#WitsandArt
#GouritsmondArt#AlbertiniaArt#StilbaaiBrugmark
www.hsqaartroute.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’