RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Green Fingers-tuinbouklub bied op Woensdag, 13 April 'n uithanggeleentheid by die NG Kerk Wesgemeente-kerksaal aan.
Drie uiteenlopende geleentheidsprekers sal oor die voordele van kruie kom gesels. Dit vind van 09:00 tot 12:00 plaas.
Daar is verrassingspryse op die spel sowel as looitjies ten gunste van 'n fondsinsameling met pryse waarop niémand sal wil uitmis nie.
Daar sal ook kruieprodukte beskikbaar wees.
"Kom vernuwe gerus jou inspirasie rondom hierdie oeroue kuns en leef saam met die sprekers in hulle safarivertellinge.
Kruietroos is 'n lewendige natuurkuns wat deur sóveel hande en harte stééds as 'n passie uitgeoefen word" nooi die organiseerders.
Kaartjies is nou beskikbaar by Lynette Nainkin (082 821 4410 of 028 713 3636) by die Oakhurst-gastehuis op Riversdal of kontak Anzette Finnemore (072 189 3549) vir navrae.
Dié kruiepraatjie is die klub se jaarlikse geleentheid waar hulle gaste en inwoners uitnooi om by die Riversdal-tuinbouklub aan te sluit.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'